Monument

Hoërskool Monument het ‘n geskiedenis en unieke tradisie van meer as 93 jaar …
Hoërskool Monument is nie net bekend vir hulle ryk geskiedenis nie, maar ook omdat hulle daarvan hou om trotse tradisies voort te sit.
Een van dié skool se tradisies het vanjaar ‘n kwarteeu oud geword toe die 25ste groep Graad 8-leerlinge daarop voortgebou het. Meer as 300 Graad 8-leerlinge het die geleentheid gehad om deur ‘n hekkie op die skoolgronde te stap – ‘n simboliese daad waardeur hulle as nuwe Monumentare verwelkom is. Dié hekkie is deur die matriekklas van 1988 geskenk omdat hulle iets blywend wou agterlaat.

Website: http://monnashs.co.za/

Facebook page: https://www.facebook.com/MonnasMonument

Rugby Twitter handle: https://twitter.com/monnas_witbulle / @Monnas_WitBulle