Paarl Gym

Die skool is amptelik op 12 Januarie 1858 deur ds. GWA van der Lingen gestig. Gimnasium het in 1964 in twee afsonderlike skole verdeel.

Die laerskool word in die historiese Gimnasiumgebou gehuisves, terwyl die hoërskool op die eertydse plaas, Dammetjie, ‘n nuwe skoolgebou betrek het.  Die eerste dogters is ook in 1964 tot die skool toegelaat en die koshuis, Huis McFarlane, se eerste sooie is kort daarna gespit.

In 2006 open Huis Kalahari Visser sy deure vir gr. 8- koshuisleerders.

Gimnasium is 155 jaar oud in 2013 en georganiseerde sport word al sedert 1902 by die skool beoefen.

Website: http://www.paarlgim.co.za/

Facebook page: https://www.facebook.com/groups/131441200200865/

Twitter handle: https://twitter.com/paarlgim / @paarlgim